Soorte resepte:

Resep: Tunaslaai

Argieffoto

Argieffoto

Saam met growwe bruin brood is hierdie tunaslaai ʼn heerlike ligte ete op ʼn warm somersdag.

Bestanddele:
1 blik tuna (200 g) gevlok
1 blik sauerkraut (400 g) gedreineer
1 blik pynappelstukkie (410 g) gedreineer

Metode:
Voeg alles bymekaar en meng met mayonnaise.

Resep: Lena Colyn
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louise ·

Ek dink julle moet ook maklike gesonde resepte of opsies van resepte op die webblad sit. Hierdie eetgoed juis lyk alles baie lekker, maar is nie so goed vir die middel nie.

Esté Meyer Jansen ·

Hallo Louise

Baie dankie vir die wenk!
Ons sal beslis werk maak hiervan gedurende 2015.

Groete
Esté Meyer Jansen
namens Maroela Media

Ina ·

Die resepte wat jul plaas is goed. bg. resep is goed vir dieet, diabete ens.
(sauerkraut tuna pynappel.)
Wat van die nuwe elektriese stoompot, idees, resepte. Ek geniet myne baie
en het ook al baie resepte bymekaar. Groete Ina

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.