Gebraaide uie is stroopsoet en die lekkerste bykos vir ʼn braai.
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele:
- 500 g piekeluie, geskil, stingelente behou
- 200 ml botter of margarien
- 10 ml vars of 5 ml droë orego
- 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
- 5 ml sout
- 3 ml varsgemaalde swartpeper
- 20 ml suurlemoensap
Metode:
- Plaas bestanddele in foelie en bak 30-45 minute lank in die oond of op die kole.
- Knip stingelente af en sit uitjies warm voor.
Bron: Lekker en Vinnig – Braaigeregte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers deur Hannetjie Joubert.