Soorte resepte:

Resep-video: Die oorspronklike braaibroodjie

Die oorspronklike braaibroodjie (Foto: Maroela Media/janie Mosnieur)

Daar is al baie gesê oor of ʼn braaibroodjie blatjang, appelkooskonfyt, braaisout of biltong moet op kry. Moet die botter aan die binne- of buitekant van die brood gesmeer word? Kyk hier hoe om ʼn régte oorspronklike Suid-Afrikaanse braaibroodjie te maak.

Resep vir 1 braaibroodjie

Bestanddele

  • 2 snye witbrood
  • botter (nie margarien!)
  • tamatie, dun gesny
  • sout en peper
  • ʼn ui, dun gesny
  • goudakaas, gerasper

Metode

  1. Smeer botter op albei snye brood. Dop die snye om sodat die botterkant onder is.
  2. Pak 2/3 snye tamatie op die kant van die brood wat nie botter op het nie. Geur met sout en peper.
  3. Sit sowat 5 snye ui op die tamatie en strooi lekker baie kaas oor.
  4. Plaas nou die ander sny brood bo op, met die botterkant na buite. Plaas die broodjie op ʼn toeknyp-rooster.
  5. Braai oor ʼn lae hitte en draai gereeld tot kaas gesmelt is en die broodjie goudbruin raak.
  6. Haal van die rooster af en eet dadelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fiela ·

Die resep is 100% reg.
Net hiermee n goeie ‘tip’. Plaas eerste die uie, dan die kaas en dan die tamatie heel bo.
Die tamatie se sap loop dan nie direk in die brood in nie, wat dan geneig is om die brood papperig te maak, en dan nie bruin en bros braai nie. Die kaas tussen die ui en tamatie smelt dan lekker tussen die twee.

Nettie ·

@Fiela – nog beter: ek ontskil die tamatie en haal die pitte uit; dan kan jy die tamatie onder, middel of bo-op sit, sonder enige pap resultaat. En ek maak my broodjies vas met ‘n toutjie sodat dit nie loskom van mekaar nie. Ek smeer die brood binne met ‘n bietjie margarien en buite met regte gesoute botter. O ja, en dag-oue brood werk die beste.

My eerste ·

My eerste keer wat ek n braaibroodjie gesien het, het die tannie die snye met n garingtjie vasgebind. Dit is iets wat my altyd sal by bly.

Hanlie Roets ·

Dis ook iets wat ek van my pa onthou – dat hy die broodjies so sorgvuldig met ‘n toutjie toegebind het. Vandag gebruik ons sommer ‘n toekniproostertjie waarin die broodjies netjies pas!

Pieter ·

As jy eenkeer jou braaibroodjie in ń “sandwhich toaster” gemaak het sal jy nooit weer dit oor die vuur doen.

Paul ·

Jou vuur was dalk nie reg nie. Fiela, 100 vir jou. Dan is dit heerlik om te sien, daar waar die broodjie in die toeknyprooster sit, as die kaas langs die kante gesig wys. Ons sit sommer skywe kaas op ipv gerasper.

Dis nou nog vroeg, maar ek gaan gou vuur aansteek, oor so ‘n uur, braai ek, en terwyl daar kole is, gaan ek ook sommer ‘n tjoppie opsit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.