Soorte resepte:

Resep-video: Knoffel-broodjiebakkies

Knoffel-broodjiebakkies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Knoffel, spek en kaas is die perfekte kombinasie vir jou volgende braai!

Lewer 6 broodjies

Bestanddele

  • 1 x 6-pak hamburgerrolletjies
  • 100 g botter, gesmelt
  • 2 e vars knoffel
  • 1½ e gemengde kruie
  • 1 t sout
  • 200 g spek, gaargemaak
  • 150 g mozzarellakaas, gerasper

Metode

  • Hol die rolletjies uit, maar moenie die rolletjies uit mekaar haal nie.
  • Meng die botter, knoffel, kruie en sout saam en smeer dit oor en in al die rolletjies.
  • Vul die rolletjies met spek en sprinkel mozzarellakaas rojaal oor.
  • Bak vir 20 minute teen 160 °

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.