Dié is nie jou gewone knoffelbrood nie.
Lewer 1 groot brood
Bestanddele
- 1 kg brooddeeg
- 3 e vars pietersielie, fyngekap
- 3 e oreganum, fyngekap
- 1 k sagte botter
- 2 e knoffel
- 1 e sout
- 3 k cheddarkaas
- 3 k mozzarellakaas
- 400 g (2 pakkies) spek, gaar en in blokkies gesny
Metode
- Rol die deeg uit tot dun, maar hanteerbaar.
- Meng die pietersielie, oreganum, botter, knoffel en sout saam tot ʼn smeer.
- Smeer dit reg oor die uitgerolde deeg.
- Sprinkel die cheddarkaas en mozzarellakaas oor en dan die spek.
- Sny die deeg in blokkies van sowat 10 x 10 cm elk en pak elke ry blokkies in ʼn stapel.
- Vat elke stapel en plaas dit skuins in ʼn uitgevoerde broodpan. Jy kan die deegblokkies nader aan mekaar druk sodat jy die broodpan so vol as moontlik maak.
- Bak die brood vir 30 minute teen 180 °
- Bedien warm. Gaste kan nou elkeen ʼn stukkie van die brood aftrek en geniet.
Magtag man!!! nou wil ek net huis toe gaan en gaan braai!!!! Lyk fantasties lekker