Jy kan enigiets waarvan jy hou in dié fop-quiches sit!
Bestanddele
spinasie
fetakaas
tamatie
mozzarellakaas
sampioene
ham
6 eiers
sout en peper
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C.
Spuit ’n muffinpan met kossproei.
Sny al die bestanddele klein op en gooi dit in die muffinpan volgens smaak.
Klits al die eiers saam en gooi oor die bestanddele in die muffinpan.
Voeg sout en peper by vir geur.
Bak vir 15 minute of tot eier gestol is.
Resep: Janie Monsieur
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.