Soorte resepte:

Resep-video: Vinnige fop-quiche

Vinnige fop-quiche (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Jy kan enigiets waarvan jy hou in dié fop-quiches sit!

Bestanddele

  • spinasie
  • fetakaas
  • tamatie
  • mozzarellakaas
  • sampioene
  • ham
  • 6 eiers
  • sout en peper

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C.
  2. Spuit ’n muffinpan met kossproei.
  3. Sny al die bestanddele klein op en gooi dit in die muffinpan volgens smaak.
  4. Klits al die eiers saam en gooi oor die bestanddele in die muffinpan.
  5. Voeg sout en peper by vir geur.
  6. Bak vir 15 minute of tot eier gestol is.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.