Soorte resepte:

[Resep] Vinnige tamatiesous

(Foto: Lapa)

Ry jy hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie? Bederf jou gesin met tuisgemaakte tamatiesous!

Lewer ongeveer 300 ml

Bestanddele:

  • 4 preie, goed gewas
  • 30 g botter
  • 10 ml tamatiepuree (plus ʼn groot knippie droë basiliekruid)
  • 300 ml witwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 tamaties, geskil, ontpit en gekap.

Metode:

  1. Sny die groen bopunte van die preie af en kap die wit dele fyn. Smelt die botter in ʼn kastrol en laat die preie in die botter sweet tot sag.
  2. Voeg die tamatiepuree, basiliekruid en witwyn by. Prut die mengsel tot ongeveer 200 ml oorbly. Geur na smaak.
  3. Voeg die gekapte tamaties by en verhit tot k Verminder die hitte en prut tot die tamaties sag is.

Bron: Koskaskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.