Soorte resepte:

[Resep] Vir die kosblik: Tuna-en-eierbakkies

Foto: Verskaf

Tuna-en-eierbakkies. Foto: Verskaf

Om maaltye en kosblikke gebalanseerd en voedsaam te maak, moet jy probeer om deur die loop van die dag iets uit elke voedselgroep te eet.

Hierdie kosblik is ʼn goeie voorbeeld daarvan, want daar is proteïene in die eierbakkies (die tuna en eier), stysel in die vorm van die boontjies en ook die appel en dan gesonde olies van die guacamole. Die appel en groente is ʼn lekker manier om vars goed deel te maak van die ete en dra vesel én ander voedingselemente by tot die maaltyd.

Soms is ʼn maklike en eenvoudige idee ook dié wat jou gesin die meeste geniet. Wees dan juis kreatief met die resepte wat jy sonder veel moeite kan varieer om in ʼn japtrap iets nuuts te maak.

  • Resep aangepas uit Cooking from the heart 2
  • Lewer 4 porsies (12-15 bakkies)

Bestanddele:

  • 6 Nulaid-eiers, geklits
  • 125 ml (½ k) gaar groenteblokkies van jou keuse, soos pangebraaide murgpampoentjies
  • 1 x 170 g-blik tuna in water, gedreineer
  • 15 ml (1 e) Westfalia-avokado-olie, kies enige van die geure in die reeks
  • 5 ml (1 t) paprika
  • 1,2 ml (¼ t) sout
  • suurlemoensap en swartpeper na smaak

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn muffinpan liggies met olie.
  2. Plaas al die bestanddele in ʼn groot mengbak en roer tot goed gemeng. Geur met suurlemoensap en peper.
  3. Skep die eiermengsel in die muffinpan. Bak vir 15-20 minute of tot die eier gestol het. Laat effens afkoel en haal dan uit. Laat heeltemal afkoel.
  4. Sit voor as ligte middagete of as deel van ʼn kosblik.

Kyk elke Maandagoggend na #Kosblik op Die Groot Ontbyt of besoek Heleen Meyer se webwerf of Facebook-blad vir nog maklike en gesonde kosblik-idees.

logo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lee-anne ·

soos iemand in ‘n vorige kommentaar gesê het: hoender is riskant en so ook tuna vir ‘n skoolkosblik. Selfs in ‘n koelhouer is dit wart teen pousetyd. Goedkoper idees sal welkom wees, ek kan net die basiese bekostig, geen luukshede soos guacamole of avo olie nie.

Tania ·

Ek pak ‘n kosblik vir my elke dag werk toe, so hierdie resep is welkom.

Charmaine ·

Lee-anne, jy kan olyfolie of sonneblom olie ook gebruik, werk ewe goed. En n bietjie mins of stukkies fyn vienna worsies werk net so lekker.

Charmaine ·

Lee-anne. Jy kan olyfolie of gewone olie ook gebruik, die avo olie het net n ander smaak, maar enige olie werk. Probeer ook met bietjie mins of met gesnyde vienna worsies, dis ook baie lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.