Soorte resepte:

Resep: Rooislaai

Foto: Japtrap-braai

Foto: Japtrap-braai

Hierdie kombinasie van die beste rooi groente en vrugte waarmee die natuur ons seën, lewer ‘n baie interessante slaai. As enige van die bestanddele buite seisoen is, vervang dit met iets anders.

Bestanddele:
1 kop rooi blaarslaai of raddiccio, gewas en droog gemaak
1 klein kop rooikool, fyn gesnipper
1 groot rooi appel, ontkern en in skyfies gesny, nie geskil nie
sap van 1 suurlemoen
pitte van 1 granaat of 1 houertjie kersies
1 pakkie aarbeie, gewas, skoongesny en gehalveer indien baie groot
‘n handvol gedroogde bosbessies
‘n handvol pekanneute, grofgekap (opsioneel)

Slaaisous:
85 ml (een derde koppie) bosbessiesap
30 ml (2 e) witwynasyn
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
30 ml (2 e) dun, loperige heuning
85 ml (een derde koppie) olyfolie
1 groot rooi ui, in dun skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
1. Maak eers die slaaisous. Meng al die bestanddele in ‘n fles met ‘n skroefdeksel en skud goed. Plaas eenkant.
2. Pak die blaarslaai en kool op ‘n opdienbord uit. Sprinkel, in ‘n aparte bak, die suurlemoensap oor die appelskyfies en werk deur om oraloor te bedek. Die suurlemoen voorkom dat die appel verkleur. Strooi die appelskyfies, granaatpitte, aarbeie en bosbessies oor die slaai. Meng ligweg.
3. Bedruip met die slaaisous, meng liggies deur en sprinkel die neute oor net voordat jy die slaai voorsit.

Genoeg vir 4 – 6

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.