Soorte resepte:

Checkers maak kosmaak tuis makliker

Die Ready to Chef -maaltydpakket (Foto: Verskaf)

Checkers sal dié week die eerste supermarkgroep in Suid-Afrika word wat maaltydpakkette verkoop.

Die “Ready to Chef”-maaltydpakketreeks sluit alles in wat jy nodig sal hê om ’n spesifieke dis te maak – die bestanddele, resep, speserye én ʼn QR-kode wat geskandeer kan word om ʼn video van die resep te speel. Volgens ʼn verklaring deur Checkers is “Ready to Chef” deur sjefs ontwikkel en bevat elke pakket vars, plaaslike bestanddele.

Selfdoen-maaltydpakkette soos dié raak al meer bekend in Suid-Afrika, met besighede soos UCook en Daily Dish wat reeds suksesvol is daarmee.

Checkers beloof dat selfs mense wat baie gedruk is vir tyd, tyd sal hê om dié “Ready to Chef”-pakkette te maak. “Alle verbruikers kan nou heerlike, moeitelose maaltye by die huis voorberei,” het Checkers laat hoor.

“Ready to Chef”-maaltydpakkette beloop tussen R119,99 en R179,00 per pakket, wat ʼn maaltyd vir twee mense bevat. Die porsies in die pakket is ook perfek afgemeet, sodat geen kos gemors word nie.

Vier verskillende resepte, insluitend ʼn vegetariese opsie, sal elke week in winkels beskikbaar wees. Daar is ʼn totaal van 16 maaltydpakkette in die “Ready to Chef”-reeks, wat die volgende resepte insluit:

  • Botterhoenderkerrie met roti’s
  • Blomkool-herderspastei
  • Asiatiese bees-en-sesamsaadslaai
  • Risotto met sampioene, ertjies en ment
  • Bees-stroganoff met zucchini-spaghetti
  • Biltong-nicoise-slaai
  • Soetsuur varkvleis met jasmynrys

Die “Ready to Chef”-maaltydpakkette sal vanaf Donderdag 23 Augustus by alle Checkers- en Checkers Hyper-winkels reg oor Suid-Afrika beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Enkelmamma ·

Hoera Checkers!!! Ek is ‘n groot ondersteuner van jul winkels, billike pryse, ordentlike produkte en die diens is meestal flink. Wat my wel pla is die volgende: Hoe op dees aarde moet die gemiddelde persoon die Ready to Chef bokse bekostig? Meeste van ons is middelklas gesinne, enkel ouers, werkendes. Dit is juis ons wat nie die tyd het om vir ure te kook of te sukkel. R180 per ete vir 2 persone? Dis baie hoog, in daardie geval kan ons mos net in ‘n restaurant gaan sit elke aand en dan het ons nie eers skottelgoed? Die enigste persone wat hierdie produkte gaan kaan koop, gaan die wees wat nie eintlike nodig het om dit te koop. Ai toe man, dink bietjie aan jou normale mens se sak en loer bietjie na van jul pryse!

Eish ·

Beslis nie vir ons gewone bloedsweters nie.
Wag tot die vervaldatum bereik is, dan is dit halfprys.

Leser ·

Beslis ja, en wat van die groter gesinne? Ons is 5 mense wat moet aansit vir ete, so dit beteken ek sal dan 3 bokse moet koop? Al koop ek dan die goedkoopste een, is dit reeds R600.00
Sjoe, baie duur vir dit – ek bestel dan eerder pizza!

Oom Piet ·

Super Spar is tops!
Pro-Chef se soortgelyk gesonder produkte, asook hul bevrore gereed om te eet Chef reeks was al van laasjaar by Spar te koop. Checkers beslis nie eerste nie, en alles Checkers is vrek duur, minder vars met tydmors swak frustrerende diens en/of gereeld in tekort onbeskikbaar. Bestandele gemiddeld R15 per ete .

ANON ·

Stem absuluut 100% Saam.
Mens kan by Checkers Deli vir R80 n ordentlik “kook” kos ete kry vir 4 Mense.

Ruby ·

Ek sal dit glad nie koop nie.

Vir daardie geld maak ek kos vir ‘n gesin van 5 en dan moet jy dit nog self maak.

Theresa ·

Wonderlik dat so iets nou beskikbaar is – lekker solank vir nou en dan. Hoop hul lees hier dat hul bietjie kan skaaf aan die prys.

Nella ·

Dink die prys is bietjie rof, ons is ‘n gesin van 4 so ek sal 2 bokse moet koop, nee wat, dan koop ek maar die bestanddele en dit sal minder uitwerk vir ons 4.

Mariska kruger ·

Fantasties, ek sal dit enigetyd koop, veral omdat ons eers 6 uur tuis kom, dan is mens nie nog lus om te skarrel vir idees nie. Kan nie wag dat dit op die rakke verskyn nie.

Liks ·

Nou kan jy eers sien of dit vrot is wanneer jy dit oop maak.

honourable member ·

Baie oulike idee, maar dit gaan baie duur uitwerk vir n groot gesin.

My mening ·

Sjoe! Dis darem baie geld! Ek kan regtig nie sien hoe hierdie ete beter, gesonder of vinniger gaan wees as om los bestanddele te koop om te kook nie.

Meraai ·

Ja nee, ek stem 100% saam… weer een of ander reuse geldmaakstorie, en uit uiting…maar nou ja, party mense sal seker val daarvoor. ….

Katerina ·

Nee wat ek maak liewer kos met wat ek in die huis het. Mens het mos gewoonlik vleis,hoender of vis en groente en pasta in die huis.Daarby speserye, knoffel, room, kase insluitende Parmesaan- en so kan mens baie meer kos maak vir baie minder geld. Kyk gerus ook op Youtube die kanaal “Foodies of South Afrika” vir inspirasie. Hulle wys vinnige maklike geregte en nageregte.

Tania Heyns ·

Dagsê Aja

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Theresa B ·

Ek soek altyd iets om dinge bietjie makliker by die huis te maak. Maar ek stem saam met julle – dit is te duur. Dit gaan baie uitwerk vir ‘n normale gesin van 4 of 5.

Gisela van Reenen ·

Miskien kan mens een boks koop om dit op die proef te stel…

charmaine ·

Ete net vir 2, ons het 2 groot seuns en my man wat van n 2de skeppie hou en dan nog iets moet bere vir 4 kosblikke so vir een ete en kosblikke sal ek ten minste 6 bokse moet koop wat my R720 gaan kos net vir een aand se eet, nee dit sal ons nie kan bekostig nie.

baie eter ·

dis nou wel vir twee mense maar ek wonder wie gaan kyk en wie gaan eet?

AmY ·

Baie goeie idee, maar ongelukkig bietjie duur. En ons is drie mense

MAGGIE ·

Ete vir twee? Maar eks net een. Wat nou gemaak met die ander porsie?

Ek eet nie oorskiet kos nie!!

Take aways ·

Ons gesin word elke aand bederf met 2 borde kos (afgelewer) wat ek dan deel tussen die 3 van ons. Dis R35 per bord en werk dan so R23 per persoon uit. Ek kan beslis nie kook vir daardie bedrag nie. Nog minder kan ek R120.00/ R180.00 betaal vir 2 porsies “perfek afgemete” maaltye en dit nog self gaan gaarmaak nie!!

Christine ·

Goeie idee maar hopeloos te duur vir n mamma met n gesin van 4.

Renschia Lambrechts ·

Dis te duur! Vir daardie prys koop ek sommer klaar maaltye by Woolworths wat heerlik is. Dis nou as ek die dag nie tyd het nie. Ek maak ook eerder self kos met dit wat ek in my koskaste hey.

wilma ·

Ek is een van Checkers se gewildste kliente. Pryse is altyd billik en als is vars. Maar die idee, klink goed, is nie vir ons normale budget mense wat billike pryse soek nie. Ek sit met ‘n huisgesin van 6 waarvan 1 groeiende seun van 14 en my man. Nie eens vir daardie lui en moee aande gaan dit die moeite werd wees nie. Goedkoper om eerder by KFC te stop en ‘n family feast met koolslaai te koop dan kry jy ook groente in. :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.