Soorte resepte:

Die 10 top-kosgiere vir 2018

Foto: Pixabay

In 2017 was daar ʼn neiging na gesonder soorte kos wat meer omgewingsvriendelik is. Dit was ʼn jaar vol laatontbyte, “smoothie-bowls” en avokado’s. Maar volgens BBC Food hou 2018 meer avontuurlustige geregte in, wat veral vegetaries en vegan-vriendelik is.

Hier is BBC Food se 10 top-giere vir kos in 2018:

  1. Kos wat sag is op die dermkanaal

Dermgesondheid is ʼn groot onderwerp van bespreking in 2018. Dié kos sluit in probiotika, asook prebiotika soos uie en knoffel.

  1. Kompetisie-etes

Dié neiging kom ná afloop van verskeie realiteitskosprogramme soos Come Dine With Me, Masterchef en Big Family Cooking Showdown. Mense wil nou tuis deelneem daaraan deur gaste oor te nooi en ’n kompetisie hou vir wie die lekkerste kos kan maak. Ons kan ook verwag om baie foto’s van dié kompetisie-etes op Instagram te sien.

Foto: Pixabay

  1. Alkoholvrye-drankies

Die nuwe generasie “millennials” is baie gesteld op hul gesondheid en drink daarom al minder alkohol. Goeie kwaliteit tonikum met interessante geure en mengsels is aan die voorpunt om alkohol te vervang in 2018.

  1. Hawaiiese geregte

Peuselbakke is alledaagse kos in Hawaii en hoewel dit nog nie maklik is om dit in die hande te kry nie, sal kos in dié bakke waarskynlik in 2018 ʼn hoofstroomgereg word. Dié bakke is in wese eintlik net soos soesji, maar sonder dat dit opgerol word of deftig hoef te lyk.

  1. Timut-peper

Timut-peper is ʼn warm en geurige spesery uit Nepal. Dié soort peper het ʼn pomelogeur en laat ʼn warm kriewel in jou mond agter. Dit word veral gebruik om jenewer-en-tonikum drankies ’n skop te gee.

Foto: Pixabay

  1. Spesialiteit-tee

Verkope van kruietee, veral groentee, hou aan toeneem, spesifiek vir tuisgebruik. Daar is ook ʼn neiging vir nuwe tee-kroeë wat oopmaak. Mense begin nou na tee kyk net soos na koffie, met ʼn groot verskeidenheid variasies om van te kies.

Foto: Pixabay

  1. Hiper-plaaslike kosse

Daar is ʼn groot neiging om plaaslike produkte te gebruik wat loopafstand van die huis gekweek en gekoop is. Selfs restaurante begin nou dié neiging volg, om ʼn plaaslike gevoel aan hul bestanddele en geregte te gee.

  1. Heme

Heme is nog nie beskikbaar om aan te koop nie, maar dit is ʼn deurbraak in die voedselwetenskappe om volhoubare vleis-alternatiewe te verseker. Dit word uitgespreek as “heem” en bied plant-gebaseerde kosse met vleis-eienskappe.

  1. Plantgebaseerde proteïen

Meer sjefs begin produkte soos tofoe, quinoa en tempeh gebruik om vleis te vervang, en om die vegan-gier te ondersteun.

Foto: Pixabay

  1. Kostegnologie

Tegnologiese ontwikkelings kan jou kosmaakproses in 2018 baie vergemaklik. Van die ontwikkeling van slim-yskaste wat self bestanddele raaksien wat opraak in jou yskas en dit dan ook self bestel, tot die aflewering van resepstelle wat jou geregte soos dié van ʼn sjef laat lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.