Die benoemdes vir die jaarlikse Eat Out Mercedes Benz Restaurant-toekennings is bekend gemaak.
Voorheen is net 20 restaurante vir dié gesogte toekenning benoem, maar vanjaar is 30 restaurante benoem.
Die finale tien restaurante sal op 19 November tydens ʼn spoggeleentheid by GrandWest in Kaapstad aangekondig word.
The Test Kitchen in Woodstock, Kaapstad, is tans die restaurant van die jaar. Die Wes-Kaap spog verreweg met die meeste benoemings.
Hier is die 30 top-restaurante in die land volgens Eat Out se lys. Die restaurante word in alfabetiese volgorde gelys:
Camphors at Vergelegen – Somerset Wes (Wes-Kaap)
Chefs Warehouse & Canteen – Kaapstad (Wes-Kaap)
Chefs Warehouse, Beau Constantia – Constantia (Wes-Kaap)
DW Eleven-13 – Johannesburg (Gauteng)
FABER – Paarl (Wes-Kaap)
Fermier – Pretoria (Gauteng)
Foliage – Franschhoek (Wes-Kaap)
Foxcroft – Constantia (Wes-Kaap)
Greenhouse, The Cellars-Hohenort – Constantia (Wes-Kaap)
Hartford House – Mooirivier (KwaZulu-Natal)
Indochine, Delaire Graff-landgoed – Stellenbosch (Wes-Kaap)
Jardine – Stellenbosch (Wes-Kaap)
Jordan – Stellenbosch (Wes-Kaap)
La Colombe – Constantia-nek (Wes-Kaap)
La Mouette – Seepunt (Wes-Kaap)
La Tête – Kaapstad (Wes-Kaap)
Luke-Dale Roberts x The Saxon – Johannesburg (Gauteng)
Makaron – Stellenbosch (Wes-Kaap)
Marble – Johannesburg (Gauteng)
Mulberry & Prince – Kaapstad (Wes-Kaap)
Overture – Stellenbosch (Wes-Kaap)
The Pot Luck Club – Woodstock (Wes-Kaap)
The Reastaurant, Waterkloof – Somerset-Wes (Wes-Kaap)
Restaurant Mosaic, The Orient – Elandsfontein (Gauteng)
The Shortmarket Club – Kaapstad (Wes-Kaap)
Springfontein Eats – Standford (Wes-Kaap)
Terroir – Stellenbosch (Wes-Kaap)
The Test Kitchen – Woodstock (Wes-Kaap)
Thali – Kaapstad (Wes-Kaap)
Wolfgat – Paternoster (Wes-Kaap)
Hoe is dit moontlik dat daar niks in die Vrystaat, Oos Kaap, net een in KZN en net paar in Gauteng is? Dan praat ek nie eers van die ander provinsies nie. Komaan chefs in die provinsies, waar is julle?
Dis baie eenvoudig: as mens nie IN die “eatout-click” is nie, dan is jy nie op die lys nie. Jaar na jaar is dit dieselfde restaurante. Verseker is die 30 op die lys 5* maar daar is menigte ander wat ook op die lys hoort. Buitendien, die is net die TOP 30 volgens Eatout tydskrif….