Soorte resepte:

Akteur se jenewer nou in SA beskikbaar

Ryan Reynolds vir Aviaton Gin (Foto: www.aviation gin.com)

Die bekende Hollywood-akteur Ryan Reynolds het sy eie jenewer, Aviation Gin, bekendgestel, en die produk is nou in Suid-Afrika beskikbaar.

Reynold, wat in flieks soos Deadpool, The Proposal en Van Wilder speel, het op 21 Februarie ’n foto op Instagram gedeel waar hy sy jenewer (gin) bekendstel. Hy het dié pittige byskrif daarby geskryf: “Ek besit niks in hierdie foto nie, behalwe die jenewer-maatskappy.”

Reynolds se jenewer-maatskappy is gestig in Portland, Oregon, en daar word net 100 bottels  op ’n slag vervaardig. Volgens Avation Gin se webwerf is dit ’n Amerikaanse jenewer met ’n unieke botaniese mengsel wat die gladde smaak veroorsaak. Dit is makliker om te drink as die ander beskikbare jenewers omdat dit so glad is.

Die foto wat Reynolds op Instragram geplaas het  (Foto: www.aviation gin.com)

Reynolds het gesê dié jenewer is vir hom die beste danksy die smaak.

“Ek het al elke liewe jenewer in die wêreld beproef, en Aviation is ongetwyfeld die beste. Bygesê, ek raai niemand aan om elke jenewer in die wêreld uit te toets nie. Hou maar by dié een,” het hy gesê.

Aviation Gin is nou in Suid-Afrika beskikbaar en kos ongeveer R439 vir ’n 750 ml-bottel.

Ander bekendes soos Madonna, Fergie en John Legend besit almal wynplase, terwyl George Clooney ook ’n tequila-maatskappy besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Denise ·

Eish ek het dit nodig sal nie omgee vir n bottel kan net heerlik wees !!!!!

VanAfrika ·

Party ma’s het darem maar mooi seuns, vergeet die Gin, as hy “for sale” is, ek is eerste in die lyn. Hy was nog altyd vir my aantrekliker as Ryan Gosling

Carl ·

@ VanAfrika: Jy is nog nie eers getwala nie en jy is klaar ketools ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.