Soorte resepte:

Resep: Koffie met ʼn skop

Koffie met ‘n skop (Foto: Verskaf)

Genoeg vir 8 koppies

Bestanddele:

  • 1 koppie varsgemaalde koffie
  • 2 teelepels kaneel
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 5 teelepels kardemom
  • 1 teelepel neutmuskaat
  • 1 koppie room, styfgeklop
  • 1 ½ teelepel strooisuiker
  • 1 eetlepel brandewyn

Metode:

  1. Gooi alle bestanddele in ʼn koffiefilter en meng dit versigtig.
  2. Gooi 7 koppies filterwater in en brou volgens die koffiemasjien se instruksies.
  3. In ʼn aparte mengbak, meng die room, strooisuiker en brandewyn saam.
  4. Wanneer die koffie gebrou is, gooi dit in 8 koppies en skep die roommengsel bo-op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mary ·

Daar is ook fout met die Appelrolpoedingresep. Die deegbestanddele bevat geen suiker, maar metode se klits botter en suiker. Die botter in die deeg is ook te veel. Dit moet halveer word. Ek het dit gemaak, en dis baie lekker, maar die resep moet aangepas word. Ek het ook heel neute bo-oor gestrooi wat heerlik was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.