Soorte resepte:

Resep: Rooibos-ystee met suurlemoen, kruisement en heuning

Foto: Jou beste lewe

Foto: Jou beste lewe

Ystee is ’n baie beter alternatief vir koeldrank en gekoopte vrugtesap.

Bestanddele:

  • 2 liter kookwater
  • 5 sakkies rooibostee
  • 3 eetlepels heuning
  • 1 suurlemoen se sap
  • 2 takkies vars kruisement

Metode:

  1. Voeg al die bestanddele bymekaar, behalwe die suurlemoensap, en laat die geure vir 30 minute ontwikkel.
  2. Haal die teesakkies uit. Voeg die suurlemoen by en verkoel tot jy dit wil bedien.

Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes
Uitgewer: CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.