As jy nie van roomys en geklopte room hou nie is hierdie nié die drankie vir jou nie. Maar wanneer die temperatuur styg na 35 °C mag dit dalk net die tyd wees om ʼn lekker yskoffie te geniet!
Bestanddele:
- 2 skeute espresso
- 3 ysblokkies
- vanieljeroomys
- volroom melk
- styfgeklopte room
- knypie kakao
Metode:
- Giet twee skeute espresso oor drie ysblokkies in ʼn deurskynende glas.
- Voeg ʼn lekker groot skep roomys bo-op en maak die glas vol met volroom melk.
- Plaas ʼn goeie skep styfgeklopte room bo-op en versier met ʼn sprinkel kakao.
- Geniet dadelik!
Kry nog Cafe2go resepte hier