Genoeg vir 6
Bestanddele:
½ k (110g) strooisuiker
70 g kakao
1 k (250ml) Clover Mmmilk (vanieljegeur melk)
100 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
1 k (250ml) Clover vars room
3 k (750ml) Clover Clover Mmmilk (vanieljegeur melk), warm
ekstra kakao
Metode:
Verhit die suiker, kakao en eerste maat melk in ‘n kastrol oor matige hitte totdat die suiker opgelos is. Verlaag die hitte en roer die sjokolade by totdat dit gesmelt is. Meng die room en warm melk met ‘n draadklitser by. Proe en voeg meer melk by indien verkies. Giet in bekers en garneer met kakao.
Oorspronklik gepubliseer in Trooskos
Uitgewer: Lapa
Prys: R175-00*
* Prys onderhewig aan verandering