Soorte resepte:

Gevriesde framboos-en-sjokoladedrankie

(foto: Pixabay)

Maak 1 koppie

Bestanddele:

  • 1 teelepel warmsjokolade-poeier
  • dubbel-skoot Espresso
  • ¼ koppie ys
  • koue melk
  • framboosstroop

Metode:

  1. Meng die warmsjokolade-poeier en espresso saam.
  2. Voeg ys by en maak die koppie halfvol met koue gefiltreerde water.
  3. Vul die res van die koppie met koue melk.
  4. Versier met framboosstroop bo-oor.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Drinkgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae