Soorte resepte:

Hou só jou eie bierproe-partytjie

Die somer is die perfekte tyd om ʼn bierproe-partytjie te hou. Anton Erasmus, ʼn SAB-handelsbrouer, het die perfekte gids opgestel om jou eie bierfees by jou huis te hou!

Erasmus glo dat bier meer veelsydig as wyn is, “bloot omdat bier spesifiek lekker is op daardie warm somerdae; niks verfris jou soos ʼn koue bier nie,” sê hy.

Erasmus het ook opgelet dat daar ʼn tendens is na geen- en lae-alkohol bier, wat vir verbruikers ʼn veiliger ervaring gee terwyl hulle die alkoholvrye en die alkoholiese biere om die beurt drink. Dié bier kan ook by jou bierproe-partytjie ingesluit word.

Volg hierdie gids vir die perfekte bierproe-geleentheid

  1. Bevestig die getal gaste

Voor jy die partytjie hou, moet jy bevestig hoeveel mense gaan dit bywoon, sodat jy weet hoeveel bier en kos om te koop.

Erasmus stel voor dat jy ʼn sespak van elke bier vir 20 gaste koop. Dit werk uit na drie porsies per bottel bier.

  1. Die bier

Dit is altyd lekker om verskeie geure bier aan gaste te bied. Erasmus stel die volgende soorte voor:

  • Chrisp
  • Hop
  • Malt
  • Roast
  • Vrugtig
  • Gegeur
  • Lae of geen alkohol
  1. Bedien koud

Vir die beste proe-ervaring, bedien bier altyd yskoud. Hou die bier in die yskas of op ys tot opdiening, sê Erasmus.

  1. Water

Gebruik water om jou palet te verfris tussen proe-slae.

  1. Glasware

Die beste deel van bierproe is dat jy nie beperk word tot standaard glasware nie. Jy kan pret hê deur verskillende style glase vir verskillende biere te gebruik.

“Peervormige glase, wat groter onder as bo is, vang die bier se aromas in die glas vas, wat sorg vir ʼn beter proe-ervaring. Indien jy nie ʼn groot verskeidenheid van glase het nie, kan jy selfs ʼn gewone wynglas gebruik.”

Vir ʼn bierproe-geleentheid is dit beter om klein glase te gebruik, omdat jy slegs bier tot ʼn derde van die glas gaan ingooi – dit moet net ʼn proe wees.

  1. Peuselhappies

Maak seker jy het  ʼn verskeidenheid van matige geur kosse wat nie jou palet sal beïnvloed nie. “Peuselhappies soos ongesoute pretzels of koekies of rou groente soos wortel en selderystokkies werk goed,” sê Erasmus.

  1. Dekor

Afhangend van jou styl en jou hulpbronne, kan jy uitgedrukte notas verskaf wat elke bier wat bedien word se aromas en smake uiteensit.

  1. Blinde proe

As jy jou gaste wil vermaak, kan jy ʼn blinde bierproe hou. Erasmus stel voor jy gooi bier in ʼn beker waar die gaste jou nie kan sien nie en jy laat almal dan raai watter bier dit is. “Daar kan selfs ʼn prys van ʼn sespak bier vir hulle wag,” sê hy.

  1. Veilige ritte

Hoewel jy wil hê almal moet hul aand geniet, moet almal ook veilig tuis kom. Maak dus seker daar is nugter mense wat kan huis toe bestuur, dat almal ʼn saamry-geleentheid het of dat daar genoeg oorslaapplek is indien nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.