Soorte resepte:

Kopi luwak: Die duurste koffie wat jy kan drink

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Jy het dalk al van kopi luwak gehoor, maar die kans dat jy dit al gedrink het (of ooit sal drink), is skraal. En dis waarskynlik nie net die prys – in die omgewing van R3 000 vir 1 kg bone – wat jou gaan afskrik nie.

“Kopi” is Indonesies vir “koffie” en “luwak” is die Indonesiese woord vir ʼn sivetkat. Dié katte, wat graag in koffieplantasies bly, besoek snags die koffieplante en kies net die perfekste, soetste, ryp koffiesade met die regte waterinhoud en die perfekte suurgehalte om aan te knibbel.

Nadat die sivetkat sy middernaghappie geniet het, volg die saad die natuurlike roete … deur die kat se spysverteringstelsel. Dit word egter nie verteer nie, maar heel uitgeskei.

Iemand het dan soggens die onaangename werk om die uitskeidings by mekaar te maak en die koffiesade uit te was, wat deur die spysverteringproses nog ekstra nuanses bygekry het, te danke aan die ander soorte sade en bessies wat die kat gevreet het.

Dit is hierdie skaars en gesogte koffiebone wat as kopi luwak bekend staan. In Suid-Afrika is daar slegs enkele koffiewinkels wat kopi luwak verkoop, en jy wag soms maande (op ʼn waglys) voordat jy ʼn beurt kry om aan ʼn koppie peperduur kopi luwak te teug.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andre ·

Gggggg , los maar die koffie , sal maar eerder n eier eet dankie.

Helena ·

@Andre kopi luwak proe soos enige ander koffie. Ek het verlede jaar saam my ousus die voorreg gehad om n koppie in Bali te drink en ook die proses waardeur die bone gaan te sien. Gepoe, gedop, gerooster, geskink en gedrink. Net nog n “boeretroos”.?

Cherokee ·

Hhehaahee… onverbeterlike kommentaar, Andre. Dit verdien om heel bo te wees :-)

Jan ·

‘n Kollega het kopi luwak koffiemoer van ‘n vakansie saam teruggebring; die kaffein inhoud was merkbaar hoër, andersins was dit lekker, maar nie besonder noemenswaardig nie. Ek verkies enkel-oorprong Arabica koffie bo dit.

Marianne ·

Mmmmmm nee dankie! Die prys is eending – waansinnig! Die verwerking ooh nee kyk!

TM ·

Wat is volgende, gaan ons nou vrugtevoëls begin agtervolg en hulle “verwerking” vir konfyt gebruik? Ag nee wat niks fout met huidige boeretroos nie.

Elo Quinn ·

Ek vermoed dis goor Robusta-bone want dis hoekom die kaffeininhoud so hoog is. Nee, dankie, doodgewone koffie uit Ethopie is heel goed genoeg. Dis in elk geval die oorpsronklike koffie.

Bets Bothma ·

Vietnam het van die lekkerste koffie en die kopi luwak was nie een van my gunstelinge nie. Die lekkerste koffie gedrink in die “rural” areas rondom Danang. “Egg coffee” in Hanoi uit n ander wêreld!

bendons ·

Ek stem.
Daar is drie plekke in die wereld met die lekkerste koffie wat ek gedrink het.
KL in Malaisië se rooster is lekker.
Dan Turkse koppi van Istanbul is puik.
Dan die beste een is SA ouma se selfgeroosterde boon met knippie sout en bruin suiker donker gerooster en gemaal.
Lekker Kometjie Gaat/Kofgie vir jul almal.

Uvonka ·

Die “gemoerde”soort koffie bly maar nog die lekkerste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.