Soorte resepte:

Mango-en-Aarbei-en-piesang-Slapjantjie

Lewer 4-6 glase

Onderste laag:
1 Mango, geskil, ontpit en in blokkies gesny
½ k mangosap
2 t lemmetjiesap (Roses Lime Cordial)
2 e heuning
2 ysblokkies

Boonste laag:
2 k groen spanspek, in blokkies gesny
20 appelliefies
10 aarbeie
2 t lemmetjiesap
3 ysblokkies

1. Verpulp die onderste laag se bestanddele in ‘n voedselverwerker tot glad en verdeel tussen die glase.
2. Spoel die voedselverwerker uit en verpulp al die boonste laag se bestanddele tot glad. Skink die boonste laag versigtig op die onderste laag wat reeds in die glase is.

Wenk:
Rond met ‘n suurlemoenskyfie op die rand van die glas af.

Oorspronklik gepubliseer in : Proe Pretville
Uitgewers: Lapa
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.