Soorte resepte:

[Resep] Bloubessielikeur

Bloubessie

Bloubessielikeur Foto: Bottel en gebruik

Studies toon dat mense wat weekliks drie porsies bloubessies eet se kans om ’n hartaanval te kry bykans 35% kleiner is.

Lewer ongeveer 1 L

Bestanddele:

  • 1 kg bloubessies
  • 1 kg suiker
  • 500 ml water
  • 500 ml brandewyn
  • 500 ml vodka

Metode:

  1. Verhit die bessies, suiker en water oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is.
  2. Prut onbedek vir 30-40 minute, of tot die mengsel tot die helfte ingedamp is.
  3. Verwyder dit van die hitte en giet dit in gesteriliseerde bottels.
  4. Meng die brandewyn en vodka en vul die bottels verder met die mengsel.
  5. Verseël die bottels en laat staan die likeur 3-12 weke sodat die geur kan ontwikkel. Skud die bottels gereeld.
  6. Syg die mengsel deur twee lae moeseliendoek en giet dit in gesteriliseerde bottels. Verseël en bere dit in ʼn koel, donker plek.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

E.K. ·

Mal oor bloubessies maar vrekduur en nie altyd beskikbaar nie. Mens weet ook nie of die sap wat te koop is al die “goeie” goed inhet nie, met die vervaardiging daarvan gaan sekere eiensakppe tog seker verlore? Sou graag wou weet.

nig ·

Bloubessies te koop by PnPay en Woolies. Dalk Checkers ook, hang af of dit in seisoen is ook.Sekerlik kan mens ander bessies gebruik maar hier word bloubessies spesifiek genoem oor hul wonderlike gesondheidseienskappe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.