Soorte resepte:

[Resep] ‘Bullet Proof’-koffie

‘Bullet Proof’-koffie (Foto: Cafe 2 go)

Wanneer jy jou “Bullet Proof”- koffie ten minste 30 minute of selfs ’n uur voor ontbyt drink, bied dit jou liggaam gesonde vette wat glo jou verstandelike funksie verbeter. Dit vertraag die spoed waarmee die kafeïen in jou bloedstroom ingaan (verbeter dus jou bloedsuikervlak), en gee jou spysverteringstelsel ʼn hupstoot voor enige kos ingeneem word.

Indien dié koffie saam met kos gedrink word, sal die vette waarskynlik jou maag omkrap en jy sal nie dieselfde breinbevorderingsvoordele kry nie.

Bestanddele:

  • 2 skeppies organiese koffie
  • 1 teelepel organiese (rou) botter of organiese klapperolie. (Begin met minder hoeveelhede as jy nuut is met die gebruik van dié tipe olies, aangesien dit ’n kragtige uitwerking het “om dinge te laat gebeur” vir vertering.)
  • 2 teelepels suiwelvrye melk – gebruik amandelmelk

Aanwysings:

  1. Maak eers jou koffie.
  2. Voeg die warm koffie en die ander bestanddele in ’n vermenger.
  3. Meng vir 30 sekondes. Hierdie proses sal skuim maak en die bestanddele saam meng tot perfeksie. Moenie alles net in ʼn koppie roer nie – dit sal nie werk nie.
  4. Gooi in ’n 250 ml-koppie en geniet voor ontbyt.

Kry nog Cafe2go resepte hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

Caffeine is not affecting blood sugar levels. Its effect of fat digestion and absorption is also minimal; not enough to have any effect on the body’s functions.

Daan Erasmus ·

Olyf olie werk net so goed.
En terloops. Suid Afrikaanse olyf olie is nie beter as ingevoerde olie nie. Dit is die enigste wat suiwer 100% olyfolie is. Die ander lande s’n is sonder uitsondering gemeng.

Anton ·

Punt nr 1, daar bestaan nie iets soos suiwelvrye melk nie.
Punt 2, kyk bietjie na die voedingswaarde van amandel”melk” en die prys en skop jouself dan omdat jy soveel vir so min betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.