“Ek het onlangs ’n soortgelyke drankie in ’n restaurant bestel, maar toe dit by my uitkom, was dit ondrinkbaar omdat dit so vol ‘suikervrye’ stroop en geursels was. Ek het toe besluit om ’n keto-vriendelike weergawe by die huis uit te toets en hier is hy nou. Waarskuwing: Maak seker jy is naby ’n gemaklike bank of jou bed, want hierdie wonderbrousel sal jou binne tien sekondes aan die slaap maak. Moenie swaar masjinerie hanteer nadat jy dit gedrink het nie!” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.Lewer 2 porsies
Bestanddele
- 750 ml onversoete amandel- of volroommelk
- 1 e kaneel
- 1 t vanieljegeursel
- 2 chai-teesakkies(nie die poeier nie)
- 2 t heuning of erythritol (opsioneel)
Metode
- Plaas die melk en kaneel in ’n menger en meng vir 1 minuut op hoog sodat die kaneel goed met die melk meng.
- Verhit die melk vir 3 minute in ’n pot oor matige hitte. Voeg die vanieljegeursel by. Moet dit nie laat kook nie.
- Plaas die chai-teesakkies in die melk en plaas die deksel op die pot. Laat dit vir 3-5 minute trek.
- Proe die brousel en indien nodig voeg die heuning of erythritol by vir soetigheid.
Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa
WAAR kry mens chai teesakkies te koop?
Carmien Tea te Citrusdal het die heerlikste Chai
1 eetlepel kaneel op 750ml melktert! Nee boetie, dit is waarom jy op ‘n trip gaan!
1 eetlepel kaneel op 750ml melk?! Nee boetie dit is waarom jy op n trip gaan!