Soorte resepte:

Resep: Chai-amandelmelk met vanielje en kaneel

Chai-amandelmelk met vanielje en kaneel (Foto: Lapa-uitgewers)

“Ek het onlangs ’n soortgelyke drankie in ’n restaurant bestel, maar toe dit by my uitkom, was dit ondrinkbaar omdat dit so vol ‘suikervrye’ stroop en geursels was. Ek het toe besluit om ’n keto-vriendelike weergawe by die huis uit te toets en hier is hy nou. Waarskuwing: Maak seker jy is naby ’n gemaklike bank of jou bed, want hierdie wonderbrousel sal jou binne tien sekondes aan die slaap maak. Moenie swaar masjinerie hanteer nadat jy dit gedrink het nie!” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • 750 ml onversoete amandel- of volroommelk
  • 1 e kaneel
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 chai-teesakkies(nie die poeier nie)
  • 2 t heuning of erythritol (opsioneel)

Metode

  1. Plaas die melk en kaneel in ’n menger en meng vir 1 minuut op hoog sodat die kaneel goed met die melk meng.
  2. Verhit die melk vir 3 minute in ’n pot oor matige hitte. Voeg die vanieljegeursel by. Moet dit nie laat kook nie.
  3. Plaas die chai-teesakkies in die melk en plaas die deksel op die pot. Laat dit vir 3-5 minute trek.
  4. Proe die brousel en indien nodig voeg die heuning of erythritol by vir soetigheid.

 

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rita ·

1 eetlepel kaneel op 750ml melktert! Nee boetie, dit is waarom jy op ‘n trip gaan!

Rita ·

1 eetlepel kaneel op 750ml melk?! Nee boetie dit is waarom jy op n trip gaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.