Gee die drankie ʼn bietjie skop: verhit die melk met 1 gedroogde brandrissie en laat 5 minute staan om die geur te ontwikkel. Verwyder die rissie en gooi dit weg. Garneer met gedroogde brandrissievlokkies.
Genoeg vir 6
Bestanddele:
- ½ k (110 g) strooisuiker
- ¾ k (70 g) kakao
- 1 k (250 ml) Clover Mmmilk (vanieljegeurmelk)
- 100 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
- 1 k (250 ml) Clover vars room
- 3 k (750 ml) Clover Mmmilk (vanieljegeurmelk), warm
- ekstra kakao
Metode:
- Verhit die suiker, kakao en eerste maat melk in ʼn kastrol oor matige hitte, totdat die suiker opgelos is.
- Verlaag die hitte en roer die sjokolade by totdat dit gesmelt is.
- Meng die room en warm melk met ʼn draadklitser by.
- Proe en voeg meer melk by indien verkies. Giet in bekers en garneer met kakao.
Bron: Trooskos
Uitgewer: LAPA Uitgewers
‘n Sopie marula likeur gee ook ‘n heerlike ekstra smakie!