Soorte resepte:

Resep: Don Pedro-aande

Don Pedro-aande (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Don Pedro is die ideale melkskommel met skop om ʼn laataand-vakansiekuier mee af te sluit.

Bestanddele

  • 500 ml room
  • 1 x 385 g-blikkie kondensmelk
  • 15 ml vanieljegeursel
  • ʼn bietjie melk vir die mengsel
  • likeur van jou keuse na smaak

Metode

  1. Klits die room tot styf en vou die kondensmelk in. Voeg die vanieljegeursel by.
  2. Plaas die mengsel in ʼn houer en vries.
  3. Gebruik ʼn handmenger en meng die roomys met ʼn bietjie melk totdat jy die regte dikte het.
  4. Voeg die likeur by.

Bron: Laat die potte sing! deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.