Soorte resepte:

Resep: Gemmerbier

Foto: Woestynkombuis

Foto: Woestynkombuis

Lewer ongeveer 9 liter

Bestanddele:

  • 8 liter water (32 k)
  • 1,25 kg suiker (6½ k)
  • 1 e kitsgis
  • 3 e jamaikagemmer (jamaikagemmer is ʼn vloeistof en ’n mens kry dit by apteke)
  • I k rosyntjies
  • leë wynbottels

Metode:

  1. Gooi ’n paar rosyntjies in elke bottel.
  2. Meng alles en bottel.
  3. Laat staan vir 24 uur by kamertemperatuur.
  4. Sodra die rosyne dryf, verkoel en geniet.

Bron: Woestynkombuis saamgestel deur Louise van der Hoven
Uitgewer: Fox and Raven Home

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.