Rooibostee bevat aspalatien, ’n geurstof wat voorkom in geneeskragtige kruie wat gebruik word om vel- en sirkulasieprobleme mee te behandel. Rooibos het ’n besonder hoë vitamien C-inhoud van 15,7 mg per 100 g.
Genoeg vir een glas
Bestanddele:
- grenadella-geurstroop (Passionfruit cordial)
- tee
- limonade
- swartbessies
- lemoenskywe
- mentblare
Metode:
- Skink ʼn kwart van die glas vol grenadella-geurstroop.
- Vul twee kwarte van die glas verder met ystee.
- Plaas vier of vyf bessies in ʼn glas saam met ʼn lemoenskyf.
- Voeg limonade by tot die glas vol is.
- Plaas die mentblare bo-op, met ʼn strooitjie.