Soorte resepte:

[Resep] Grenadella-ystee

Foto: Maroela Media

Grenadella-ystee. Foto: Maroela Media

Rooibostee bevat aspalatien, ’n geurstof wat voorkom in geneeskragtige kruie wat gebruik word om vel- en sirkulasieprobleme mee te behandel. Rooibos het ’n besonder hoë vitamien C-inhoud van 15,7 mg per 100 g.

Genoeg vir een glas

Bestanddele:

  • grenadella-geurstroop (Passionfruit cordial)
  • tee
  • limonade
  • swartbessies
  • lemoenskywe
  • mentblare

Metode:

  1. Skink ʼn kwart van die glas vol grenadella-geurstroop.
  2. Vul twee kwarte van die glas verder met ystee.
  3. Plaas vier of vyf bessies in ʼn glas saam met ʼn lemoenskyf.
  4. Voeg limonade by tot die glas vol is.
  5. Plaas die mentblare bo-op, met ʼn strooitjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.