Soorte resepte:

[Resep] Hemelse Bloubessieskommel

Foto: Proe Pretville

Hemelse Bloubessieskommel. Foto: Proe Pretville

ʼn Gesonde melkskommel vir die warm dae wat op pad is. Hierdie resep is spesiaal vir diegene wat bietjie na hul figuur wil kyk…

Lewer 4 glase

Bestanddele:

  • 2 ½ k bevrore bloubessies
  • 1 ¼ k appelsap
  • 1 k bevrore vanieljegeur jogurt of ongegeurde jogurt
  • ¼ k melk
  • ¾ t fyn kaneel

Metode:

  1. Plaas al die bestanddele in ʼn voedselverwerker en verpulp tot glad en romerig. Sit dadelik voor.

Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.