Ons het verlede week Koffiedag gevier, maar ons besef daar is mense wat eerder tee verkies. Daarom het ons dit goedgedink om sommer dié week ʼn paar heerlike teeresepte te deel.
Vir een vonkelglas
Bestanddele:
- halwe kiwi, fyngedruk
- 1 sakkie ystee (Freshpak Groentee – appel-en-mentgeur), vir ongeveer 80 ml in mengsel
- appelsap, ongeveer 80 ml
- 3 mentblare
- Vul res van glas met limonade, sodawater of sprankelwater
Metode
- Brou die appel-en-menttee en laat afkoel in die yskas.
- Voeg die res van die bestanddele by.
- Hoeveelhede word aangepas volgens grootte van glas.