Soorte resepte:

Resep: Maklike bola resep

Argieffoto (Foto: greenkitchenstories.com)

Argieffoto (Foto: greenkitchenstories.com)

Bestanddele:
1 bottel “Passion Fruit” aanmaakkoeldrank
1 blik fyngemaakte pynappelstukkies (410 g)
1 blikkie grenadellamoes (100 g)
1 liter limonade
1 liter sodawater
baie ys

Metode:
1. Meng alles in bolabak.
2. Kan onmiddellik bedien word.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Drinkgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Leoni Swanepoel ·

Ja goed! Betandele: baie ys, wat gooi ek by die ys. G’n wonder dis so maklik en vinnig nie. Dis net ys!

Viena ·

Die ys moet met die res van die bestanddele gemeng word, maw die bottel Passionfruit, blikkie grenadellamoes en blik fyngemaakte pynappel, asook die liter sodawater en die liter limonade

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.