Soorte resepte:

[Resep] Ouma Sannie se jelliestroop

Jelliestroop

Heerlike jelliestroop. Foto: Wenresepte 2

Mev. Adrienne Cillie van Slangrivier, Wellington, vertel: “Die mense op ons ou plaas in die distrik Ladismith het hierdie eenvoudige koeldrank geslagte lank gemaak. Ons het natuurlik geen yskaste gehad nie, maar met die koel water uit die erdekraffie was dit ’n verfrissende drankie. Dit kan maklik verdubbel word.”

Lewer sowat 1,5 l stroop

Bestanddele:

  • 1,5 l water
  • 600 g (750 ml) suiker
  • I pakkie (80 g) suurlemoen- of portwynjellie
  • 15 ml sitroensuur
  • 2 ml suurlemoengeursel

Metode:

  1. Verhit die water en suiker tot kookpunt. Laat dit ʼn rukkie vinnig kook. Voeg die jelliepoeier by en roer net tot opgelos. Laat dit weer opkook.
  2. Haal die stroop van die stoof af en roer die sitroensuur en geursel by. Laat dit afkoel en giet dan in bottels.
  3. Om te skink: Gooi ’n glas ¼ vol stroop en vul met koue water en ysblokkies.

Bron: Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.