Soorte resepte:

[Resep] Peperment-droomskommel

Melkskommel

Peperment-droomskommel. Foto: Pixabay.com

Pretville se Diner is bekend vir sy ongelooflike lekker melkskommels.

Lewer 1 glas

Bestanddele:

  • 2 e klaarbereide sjokoladesous
  • ½ klein Peppermint Crisp-sjokolade, grof gekap
  • 1 k melk
  • 1 groot skep vanielje- of sjokoladeroomys

Metode:

  1. Drup die sjokoladesous aan die binnekant van die glas om self af te loop.
  2. Breek die Peppermint Crisp in fyn stukkies en meng met die melk en ʼn groot skep roomys.
  3. Klits tot goed gemeng.
  4. Vul die voorbereide glas met die melkmengsel.
  5. Versier met ʼn knippie of twee gebreekte Peppermint Crisp.

Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johannes Comestor ·

“Melkskommel” is ‘n onbevredigende letterlike vertaling uit Engels. In standard 4 het my klasonderwyseres in 1950 gese ons moet liewer van “bruismelk” praat. ‘n “Milk/Milky Bar” is volgens haar ‘n “bruisbron”. Toe was ons nog trots op ordentlike Afrikaans.

Otter ·

Dankie Johannes. Dis ‘n mooi woord. Ek gaan van nou af bruismelk gebruik i.p.v. melkskommel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.