Pretville se Diner is bekend vir sy ongelooflike lekker melkskommels.
Lewer 1 glas
Bestanddele:
- 2 e klaarbereide sjokoladesous
- ½ klein Peppermint Crisp-sjokolade, grof gekap
- 1 k melk
- 1 groot skep vanielje- of sjokoladeroomys
Metode:
- Drup die sjokoladesous aan die binnekant van die glas om self af te loop.
- Breek die Peppermint Crisp in fyn stukkies en meng met die melk en ʼn groot skep roomys.
- Klits tot goed gemeng.
- Vul die voorbereide glas met die melkmengsel.
- Versier met ʼn knippie of twee gebreekte Peppermint Crisp.
Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa
“Melkskommel” is ‘n onbevredigende letterlike vertaling uit Engels. In standard 4 het my klasonderwyseres in 1950 gese ons moet liewer van “bruismelk” praat. ‘n “Milk/Milky Bar” is volgens haar ‘n “bruisbron”. Toe was ons nog trots op ordentlike Afrikaans.
Dankie Johannes. Dis ‘n mooi woord. Ek gaan van nou af bruismelk gebruik i.p.v. melkskommel.