Soorte resepte: kies die soort gereg… Alles Bykosse Drinkgoed Gebak Resep-video’s Soetgoed Vegetariese geregte Vleis en seekos
Resep: Rooibos-ystee met suurlemoen, kruisement en heuning 26 Oktober 2015
Foto: Jou beste lewe
Ystee is ’n baie beter alternatief vir koeldrank en gekoopte vrugtesap.
Bestanddele: 2 liter kookwater 5 sakkies rooibostee 3 eetlepels heuning 1 suurlemoen se sap 2 takkies vars kruisement Metode: Voeg al die bestanddele bymekaar, behalwe die suurlemoensap, en laat die geure vir 30 minute ontwikkel. Haal die teesakkies uit. Voeg die suurlemoen by en verkoel tot jy dit wil bedien. Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes Uitgewer: CUM
ondersteun maroela media só Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Maak 'n bydrae
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.