Ystee is ’n baie beter alternatief vir koeldrank en gekoopte vrugtesap.
Bestanddele:
- 2 liter kookwater
- 5 sakkies rooibostee
- 3 eetlepels heuning
- 1 suurlemoen se sap
- 2 takkies vars kruisement
Metode:
- Voeg al die bestanddele bymekaar, behalwe die suurlemoensap, en laat die geure vir 30 minute ontwikkel.
- Haal die teesakkies uit. Voeg die suurlemoen by en verkoel tot jy dit wil bedien.
Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes
Uitgewer: CUM