Soorte resepte:

Resep: Rooibos-ystee

Rooibos-ystee (Foto: Landbou-boerekos)

Lewer twee liter ystee

Tuisgemaakte ystee is die perfekte dorslesser op ’n warm dag. Dis nie net gesond nie, maar ook soveel goedkoper as vrugtesap of ander koeldrank. Rooibostee het baie gesondheidsvoordele en bevat hope anti-oksidante. Probeer om jou kinders gewoond te maak aan tuisgemaakte rooibos-ystee pleks van vrugtesap of suikergelaaide koeldrank.

Bestanddele

  • 5 rooibosteesakkies
  • ’n paar tiemietakkies, goed afgewas (plus ekstra vir afronding)
  • 2 liter kookwater
  • heuning of bruinsuiker na smaak
  • ʼn handvol vars kruisement, goed afgewas
  • 3–4 suurlemoene, in skyfies gesny
  • ys, om te bedien

Metode

  1. Gooi die teesakkies in ’n groot hittebestande beker. Voeg ’n paar tiemietakkies by.
  2. Giet die kookwater oor en laat trek vir 20 minute.
  3. Haal die teesakkies en tiemietakkies uit. Geur na smaak met heuning of bruinsuiker.
  4. Verkoel tot yskoud en giet in ’n glasbeker.
  5. Voeg lekker baie kruisement, ’n paar takkies tiemie en baie suurlemoenskyfies en ys by. Roer liggies en sit voor.

Bron: Landbou Boerekos

Uitgewer Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H2O ·

Deesdae is skoon drinkwater net in Evian bottels. Selfs wurms in van die water op die Oos-Rand en alewige maagaandoenings in die omloop. Grillerig..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.