Soorte resepte:

Resep: Sedgwick’s warmsjokolade

Foto: facebook.com/sedgwicksoldbrown

Foto: facebook.com/sedgwicksoldbrown

ʼn Oorspronklike warmsjokolade-resep wat jou binneste lekker warm sal maak. Dis genoeg vir een persoon.

Bestanddele:

  • 250 ml melk
  • 50 g donker sjokolade
  • 1 teelepel bruinsuiker
  • 1 teelepel Sedgwick’s Old Brown Sherry

Metode:

  1. Verhit die melk oor medium hitte tot warm, moenie kook nie.
  2. Voeg die sjokolade by.
  3. Roer tot die sjokolade gesmelt is.
  4. Voeg suiker en dan sjerrie by.
  5. Prut oor lae hitte vir een minuut en bedien.

Gaan besoek gerus Sedgwick’s se webwerf vir nog resepte.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Drinkgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Eliza-beth ·

Daar is MIN wat mens so vinnig van binne warm maak soos ‘n doppie OBIES (meeste mense se naam vir Old Brown Sherry) en in ‘n honederpotjie is dit onontbeerlik!

Eliza-beth ·

Daar is MIN wat mens so vinnig van binne warm maak soos ‘n doppie OBIES (meeste mense se naam vir Old Brown Sherry) en in ‘n honederpotjie is dit onontbeerlik!

Eliza-beth ·

Oeeps moet natuurlik wees HOENDERpotjie – nou klink my kommentaar of ek van ‘n hondepotjie praat… nog nooit, ek lief honde! Die liewe vingerfoute darem…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.