ʼn Oorspronklike warmsjokolade-resep wat jou binneste lekker warm sal maak. Dis genoeg vir een persoon.
Bestanddele:
- 250 ml melk
- 50 g donker sjokolade
- 1 teelepel bruinsuiker
- 1 teelepel Sedgwick’s Old Brown Sherry
Metode:
- Verhit die melk oor medium hitte tot warm, moenie kook nie.
- Voeg die sjokolade by.
- Roer tot die sjokolade gesmelt is.
- Voeg suiker en dan sjerrie by.
- Prut oor lae hitte vir een minuut en bedien.
Gaan besoek gerus Sedgwick’s se webwerf vir nog resepte.
Daar is MIN wat mens so vinnig van binne warm maak soos ‘n doppie OBIES (meeste mense se naam vir Old Brown Sherry) en in ‘n honederpotjie is dit onontbeerlik!
Daar is MIN wat mens so vinnig van binne warm maak soos ‘n doppie OBIES (meeste mense se naam vir Old Brown Sherry) en in ‘n honederpotjie is dit onontbeerlik!
Oeeps moet natuurlik wees HOENDERpotjie – nou klink my kommentaar of ek van ‘n hondepotjie praat… nog nooit, ek lief honde! Die liewe vingerfoute darem…
Hoe lus word ek nou!!