Soorte resepte:

Resep: Somer-ystee

Somer-ystee (Foto: Lapa-uitgewers)

“Hierdie somer-ystee is ʼn verfrissende (en gesonde) alternatief vir vrugtesap wat propvol suiker is. Speel gerus rond en gebruik enigiets daarin: bessies, kruie, vrugte, komkommer of roosblare en daar gaan jy!” Só skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Bestanddele

  • 6 rooibosteesakkies
  • 1 liter kookwater
  • ½ k xylitol of 1 k erythritol
  • 2 lemmetjies
  • 2 suurlemoene

Metode

  1. Plaas die teesakkies in ʼn hittebestande glas of plastiekbeker en voeg die kookwater by.
  2. Roer die xylitol ook by totdat dit opgelos het.
  3. Druk die sap van die lemmetjies en suurlemoen uit en voeg by die teebrousel.
  4. Sny die lemmetjies en suurlemoene in skywe en voeg by.
  5. Laat dit vir minstens 15 minute buite staan om goed te trek voordat jy dit in die yskas sit om koud te word.
  6. Hierdie ystee is doelbewus baie sterk, so voorgesit deur ʼn halwe glasie te skink, en maak die glasie vol met sodawater, vonkelwyn vir ʼn skemerkelkie of ʼn bietjie jenewer en suikervrye tonikum.
  7. Garneer met vars snye suurlemoen en mentblare, en vergeet vir ewig van koeldrank en appelsap.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zettie ·

Sjoe, dit klink lekker, maar ek wonder of heuning nie beter gaan wees as Xylitol ens nie? Selfs bruinsuiker as dit moet. Gaan dit beslis probeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.