Soorte resepte:

[Resep] Spesery-ystee

Foto: Maroela Media

Spesery-ystee. Foto: Maroela Media

Rooibostee word al vir eeue gebruik as natuurlike gesondheidsdrankie, en dis reeds meer as ʼn eeu sedert ons eie, Suid-Afrikaanse rooibostee wêreldwyd geskink word.

Genoeg vir een glas

Bestanddele:

  • 50 ml Vyf Rose Chai Spice-tee
  • 2 takkies vars koljander, afgespoel
  • 10 ml Kola Tonic
  • sodawater

Metode:

  1. Plaas ys in ʼn glas.
  2. Voeg Kola Tonic by.
  3. Voeg tee by.
  4. Plaas koljander binne glas.
  5. Vul glas met sodawater. Dien op met strooitjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cara ·

Is julle seker dis koljander? Is dit nie dalk kaneel stokkies nie?

Cara ·

MM, ek vra weer..,is julle seker dis koljander en nie kaneel stokkies nie? Of klink koljander vir julle reg in die drankie?

Landi Slatter ·

Dagsê Cara,

Dankie vir jou navraag. Ons is bevestig dat dit vars koljander is wat in die resep gebruik moet word. Ons het wel ‘stokkies’ na ‘takkies’ verander om enige verwarring uit te skakel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.