Een van daardie maak-jou-oë-toe-en-smul-drankies wat jou die laaste hupstoot gee om deur die dag te kom.
Bestanddele:
- 1 opgehoopte eetlepel vanieljeroomys
- 3 blokkies ys
- 2 skeute espresso (slegs 2 sekondes onttrek)
Metode:
- Gooi alle bestanddele in ’n lang glas bymekaar.
- Maak die glas vol met koue volroommelk. (Glad nie langlewemelk nie!)
Versier met lekker baie room en strooi sjokoladepoeier oor.
mmmmmmmmmmmmmmm ….. lekker ryk en rooooooomerig!