Soorte resepte:

Resep: Suikervrye Margarita

Suikervrye Margarita (Foto: Lapa-uitgewers)

Geniet hierdie Meksikaanse skemerkelkie op ʼn warm someraand, maar hou matigheid voor oë: Die tequila gee dit ʼn lekker skop!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 k xylitol
  • ½ k kookwater
  • 6 lemmetjies
  • 1 k tequila
  • 2 liter sodawater
  • baie gebreekte ys
  • piering water
  • piering growwe sout

Metode

  1. Los die xylitol in die kookwater op en gooi in ’n groot beker.
  2. Druk die sap van die lemmetjies uit en voeg by die water in die beker. Gooi die lemmetjies saam in nadat jy die sap uitgedruk het.
  3. Voeg die tequila en sodawater by en roer.
  4. Neem ’n glas en maak die bokant nat in die piering water.
  5. Druk die glas in die piering sout.
  6. Bedien die drankie met baie gebreekte ys.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.