ʼn Verfrissende drankie vir lang, warm, somerdae …
Lewer 8 glase
Bestanddele:
- sodawater
- lemmetjiesap, verkieslik vars
- 2 lemmetjies, in skyfies gesny
Gemmerwater
- 4 k gekapte gemmer
- 4 k water
Stroop
- 2 k suiker
- 2 k water
Metode:
- Kook vier koppies water en voeg die gemmer daarby. Verminder die hitte vir vyf minute na medium. Verwyder die kastrol van die hitte en laat staan dit vir 20 minute. Giet die vloeistof deur ʼn fyn sif. Verwyder die gemmerstukkies.
- Berei die stroop in ʼn aparte kastrol. Los twee koppies suiker op in twee koppies kokende water. Sit dit eenkant om af te koel.
- Vul individuele groot glase met ½ koppie gemmerwater, ⅓ koppie stroop en ½ koppie sodawater. Voeg ʼn paar druppels lemmetjiesap by asook ʼn lemmetjieskyfie.
- Vul die glas met blokkies ys.
Bron: Skottel en Spens
Uitgewer: Duto Media