Bederf jou kuiergaste dié somer met hierdie maklike limonade resep: dis vinnig en heerlik!
Bereidingstyd: 15 minute. Kooktyd: 10 minute
Bestanddele:
- 1 k suiker
- 1 k suurlemoensap
- 1 k lemoensap
- 1 of meer koppies ryp kersies
- 6 – 12 k water
- ʼn halwe suurlemoen se skiI
- rooiwyn na smaak (opsioneel)
Metode:
- Verhit die suiker en een koppie water in ʼn swaarboompan oor lae hitte totdat die suiker opgelos het.
- Voeg die skil asook die lemoen- en suurlemoensap by. Voeg ses koppies water by.
- Voeg die kersies by, asook die rooiwyn.
- Voeg daarna koppie vir koppie water by en proe gereeld om te bepaal of dit na jou smaak is.
- Gooi die finale produk in herseëlbare bottels of flesse.
- Bedien yskoud en versier met suurlemoenskyfies en een of meer kersies in elke glas.
Bron: Skottel en Spens
Uitgewer: Duto Media