Soorte resepte:

[Resep] Wit sangria

Wit sangria. Foto: Die huis van rye.

Wit sangria. Foto: Die huis van rye.

Vandag (18 Februarie) is nasionale wyndrinkdag. Hier is ʼn heerlike sangria-resep uit Nataniël se kombuis vir dié geleentheid.

Bestanddele:

  • 3 koppies droë witwyn
  • 1 koppie gemmerlim (ginger ale)
  • 1 koppie fyn appelsap
  • 1 koppie wit druiwesap
  • 1 groen appel in skywe gesny
  • sap en gerasperde skil van twee lemmetjies
  • 1 teelepel vars gemmer, fyngedruk
  • 1 koppie gebreekte ys (of na smaak)

Metode:

  1. Meng al die bestanddele saam en bedien.

Bron: Die Huis van Rye
Uitgewer: Human & Rousseau

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Drinkgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae