Kaas-en-wyn-partytjies kan opgedollie word, of dalk nie, met ʼn idee wat deur Popsugar Food gedeel is.
Popsugar Food deel gereeld resepte, handleidings en wenke vir kosliefhebbers om in die kombuis te gebruik.
Vandeesweek wys die aanbieder, Brandi Milloy, vir mense hoe om wynglasies van kaas te maak.
Die video is teen Sondag 50 000 kere gekyk met sowat 800 mense wat daarvan hou en 350 wat hul neus daarvoor optrek.
Om ‘n wyntjie uit ‘n kaas glas te dink is soos om bier met wyn te meng.
Wat ‘n dom idee!!!!!!!
Njam !!!
Baie goeie idee wyn en kaas loop mooi saam gaan nou myne maak.
Pas my, minder skottelgoed ook, en alles gaan in elk geval in dieselfde kanaal af.
baie lekker en yammie